Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 42:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Al die weermagoffisiere, ook Joganan seun van Kareag en Asarja seun van Hosaja, asook nog mense uit elke vlak van die samelewing het gekom

2. en vir die profeet Jeremia gesê: “Bid ernstig en tree vir ons in by die Here jou God. Soos jy kan sien, is ons maar net ’n klein groepie mense wat oor is van die volk wat ons eers was.

3. Vra die Here jou God wat ons moet doen en waarheen ons moet gaan.”

4. Hierop het Jeremia gereageer en gesê: “Goed, ek hoor wat julle wil hê. Ek sal tot die Here julle God bid, soos julle versoek. Ek sal dan vir julle sê presies wat sy antwoord is. Ek sal niks vir julle wegsteek nie.”

5. Hulle het vir Jeremia gesê: “Mag die Here ’n betroubare getuie teen ons wees as ons weier om te doen wat die Here u God u gestuur het om aan ons oor te dra.

6. Of dit nou goed of sleg is, ons sal die Here ons God gehoorsaam. Ons het jou na Hom gestuur om raad te vra. Dit sal met ons goed gaan as ons Hom gehoorsaam en doen wat Hy sê.”

7. Na tien dae het die Here vir Jeremia ’n antwoord gegee.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 42