Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:2-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek verbreek die juk van die koning van Babel.

3. Koning Nebukadnesar het ’n klomp voorwerpe uit die tempel na Babel toe weggedra. Oor twee jaar sal Ek dit weer na die tempel toe terugbring.

4. Ek sal ook vir Jojagin, die seun van Jojakim, hiernatoe terugbring. Ek sal ook al die ballinge van Juda wat hulle na Babel weggevoer het, terugbring. Ek sal die juk van die koning van Babel stukkend breek, sê die Here.”

5. Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord voor die priesters en al die mense wat in die tempel gestaan het.

6. Hy het gesê: “Laat dit so wees! Mag die Here dit so laat gebeur! Mag die Here doen wat jy geprofeteer het. Ek hoop ook dat Hy die kosbare voorwerpe wat uit die tempel weggedra is en al ons geliefdes uit Babel na hierdie plek toe sal terugbring.

7. Maar luister nou met aandag na wat ek vir jou voor al hierdie mense gaan sê.

8. Die profete van ouds het teen baie lande en sterk ryke gepreek, en altyd oorloë, hongersnood en epidemies aangekondig.

9. As ’n profeet vrede sou verkondig, moet ’n mens sien of dit realiseer. Eers as die profeet se woorde regtig gebeur, kan ’n mens weet die Here het die persoon gestuur.”

10. Gananja het na Jeremia toe gegaan, die juk van sy nek afgehaal en dit gebreek.

11. Daarna het hy weer vir die mense wat rondom hulle gestaan het, gesê: “Die Here het belowe Hy sal binne twee jaar die juk van Nebukadnesar koning van Babel oor al die nasies verbreek.” Op dié punt het die profeet Jeremia daarvandaan weggegaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28