Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 24:1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Koning Jojagin van Juda was die seun van Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het hom in ballingskap weggevoer. Hy het saam met Jojagin ook die leiers van Juda, die ambagsmense en ander opgeleide persone uit Jerusalem na Babel toe gebring. Nadat dit gebeur het, het die Here my ’n visioen laat sien van twee mandjies met vye wat voor die tempel van die Here staan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 24

Kyk Jeremia 24:1 in konteks