Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:24-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruipen Ek sal hulle nie sien nie?Is Ek nie oral,in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here.

25. “Ek het gehoor wat die profete sê: ‘Ek het gedroom, ek het gedroom.’ Dan profeteer hulle leuens en sê Ék het vir hulle die boodskap gegee.

26. “Hoe lank nog sal profete voortgaan om mense te bedrieg? Die onwaarhede wat hulle kwytraak, het hulle self uitgedink.

27. “Hierdie mense vertel vir mekaar van hulle drome. So probeer hulle om my mense van My te laat vergeet. Hulle voorouers het My destyds net so vergeet toe hulle Baäl begin aanbid het.

28. “Laat hierdie profete hulle drome vir ander vertel. Maar dié wat my boodskap ontvang het, moet my woord eerlik oordra. Daar is ’n verskil tussen kaf en koring!” sê die Here.

29. “Is my woorde nie soos ’n vuur wat brand nie? Is dit nie soos ’n hamer wat ’n stuk rots aan stukke laat spat nie?” vra die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23