Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:18-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Wie van hulle was al in die vergaderingvan die Heredat hulle gesien het wat Hy doen of gehoor het wat Hy sê? Was daar enigeen van hulle wat regtig wou luister?

19. “Kyk, die woede van die Herebars los soos ’n storm.Dit is soos ’n warrelwind wat ronddraai om die koppe van die kwaaddoeners.

20. Die Here se woede sal nie afkoel totdat Hy sy doel bereik het nie. Julle sal binnekort alles verstaan wat aan die gang is.

21. Ek het nie hierdie profete gestuur nie; tog is dit wat hulle voorgee. Ek het nie vir hulle boodskappe gegee nie; tog profeteer hulle.

22. As hulle na My geluister het, sou hulle my boodskap gehoor het om oor te dra. En my volk sou opgehou het om al die verkeerde dinge te doen waarmee hulle besig is.

23. “Is Ek miskien ’n God wat net op een plek is?” vra die Here. “Dink hulle Ek sien nie wat hulle doen nie?

24. Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruipen Ek sal hulle nie sien nie?Is Ek nie oral,in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here.

25. “Ek het gehoor wat die profete sê: ‘Ek het gedroom, ek het gedroom.’ Dan profeteer hulle leuens en sê Ék het vir hulle die boodskap gegee.

26. “Hoe lank nog sal profete voortgaan om mense te bedrieg? Die onwaarhede wat hulle kwytraak, het hulle self uitgedink.

27. “Hierdie mense vertel vir mekaar van hulle drome. So probeer hulle om my mense van My te laat vergeet. Hulle voorouers het My destyds net so vergeet toe hulle Baäl begin aanbid het.

28. “Laat hierdie profete hulle drome vir ander vertel. Maar dié wat my boodskap ontvang het, moet my woord eerlik oordra. Daar is ’n verskil tussen kaf en koring!” sê die Here.

29. “Is my woorde nie soos ’n vuur wat brand nie? Is dit nie soos ’n hamer wat ’n stuk rots aan stukke laat spat nie?” vra die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23