Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 22:16-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Hy het gesorg vir arm en behoeftige mense,dat hulle regverdige behandeling kry. Daarom het dit met homgoed gegaan.Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?”vra die Here.

17. “Maar nie jy nie! Jy wou net altyd kykwat jy op ’n oneerlike manierin die hande kan kry!Jy het onskuldige mense vermoor of met geweld onderdruk.”

18. Daarom sê die Here oor koning Josia se seun Jojakim, koning van Juda: “Sy familie sal nie oor hom huil wanneer hy doodgaan nie.En sy onderdane sal nie eers omgeedat hy dood is nie.

19. Hulle sal hom begrawe soos ’n donkie. Hulle sal sy lyk by Jerusalem se hekke uitsleep en dit buite die stad los!”

20. “Gaan op na die Libanon en skreeu, gaan roep uit in Basan, huil in die streke oos van die Jordaan,want al jou bondgenote is vernietig.

21. Toe jy voorspoed beleef het, het Ek jou probeer waarsku, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie!’ Van kleintyd af was dit al jou ingesteldheid om nie na My te luister nie!

22. Nou sal al jou leiers verdwyn asof die wind hulle weggewaai het. Al jou vriende is gevang en weggevoer.Ten einde laaste sal jy jou boosheid raaksien en skaam kry daaroor.

23. O inwoners van Libanon, julle woon tussen die seders.Maar binnekort sal julle gilvan angs en vrees. Julle sal angs ervaar soos ’n vrou wat geboorte gee.”

24. Die Here het vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim gesê: “So seker as wat Ek lewe, Ek sal van jou ontslae raak. Al is jy soos ’n seëlring aan my vinger, Ek sal jou afpluk.

25. Ek weet jy is bang vir hulle wat jou wil doodmaak. Ek sal jou aan hulle oorgee. Ek sal jou laat val in die hande van koning Nebukadnesar en die magtige Babiloniese leërs.

26. Ek sal jou en jou ma uit Juda verban na ’n land waar nie een van julle twee gebore is nie. Daar sal julle sterf.

27. Julle sal nooit weer na julle eie land terugkeer nie, al wil julle hoe graag.

28. “Hoekom is hierdie man Jojagin soos ’n stukkende kleipot wat almal dink niks werd is nie? Hoekom is hy en sy kinders weggevoer na ’n land wat hulle nie ken nie?

29. O land, land, land! Luister na die boodskap van die Here!

30. Dit is wat die Here sê: Teken dit aan dat hierdie man kinderloos is, want nie een van sy nageslag sal koning van Juda wees nie. Die koningslyn van Dawid sal hulle nie voortsit nie!”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 22