Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 2:9-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Om dié rede,” sê die Here, “maak Ek ’n saak teen julle. Ek sal ook julle kinders en hulle kinders in die toekoms aankla.

10. Gaan wes tot by Siprus, en oos tot by Kedar. Kyk mooi wat daar aangaan. Het so iets al ooit gebeur?

11. Het ’n volk ooit hulle gode vir ander gode verruilal is hulle nie regtig gode nie? Tog het my mense My verruil vir gode wat niks werd is nie!

12. Wees geskok, o hemele! Krimp ineen van afgryse,” sê die Here.

13. “My volk het twee bose dinge gedoen: Hulle het My verlaat,die fontein wat lewe gee. En hulle het vir hulle bakke uitgekap, bakke wat nie water hou nie.”

14. “Is Israel ’n slaaf? Hulle is mos nie gebore as slawe nie!Hoekom is hulle nou soos ’n prooi?

15. Leeus het hard en dreigend teen Israel gebrul. Hulle het die land verwoes, die dorpe is nou puinhope. Niemand bly meer daar nie.

16. Die mense uit Egipte,Memfis en Tagpanges het Israel se mag verbreek en hulle verneder.

17. Julle het die probleme oor julleself gebring deur teen die Here te rebelleer toe Hy julle op die regte pad wou lei!

18. Wat het dit julle gehelp om by Egipte, of selfs by Assirië te gaan hulp soek? Kon die waters van die Nylof die Eufraat julle dors les?

19. Julle eie sonde sal julle straf.Julle sal sien hoe bitter dit isom ontrou aan My te lewe, om die Here julle God nie te eer nie.Dit is Ek, die oppermagtige Here, die Almagtige, wat praat!

20. “Lank gelede het Ek die juk gebreekwaarmee jy moes ploeg. Ek het die kettings van slawerny van jou afgehaal, maar jy het gesê: ‘Ek sal Hom nie dien nie.’Op elke heuwel en onder elke groen boomhet jy jou soos ’n prostituut gedraen voor die afgode gebuig.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 2