Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 15:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het toe vir my gesê: “Selfs al sou Moses en Samuel voor My gestaan en vir hierdie mense gepleit het, sou Ek hulle nie jammer gekry het nie. Stuur hulle weg, Ek wil hulle nie sien nie!

2. En as hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: “‘Wie bestem is vir die dood, na die dood.Wie bestem is vir die oorlog,na die oorlog.Wie bestem is vir hongersnood,na die hongersnood. En wie bestem is vir gevangenskap,na die gevangenskap.’

3. “Ek sal vier soorte vernietigers teen hulle stuur,” sê die Here: “Die swaard om dood te maak, honde om hulle weg te sleep en aasvoëls om op te vreet en wilde diere om te vernietig.

4. “Ek sal van my volk ’n voorwerp van afsku maak vir al die koninkryke van die aarde. Ek doen dit oor wat koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, in Jerusalem gedoen het.

5. “Wie sal julle jammer kry, Jerusalem?Wie sal oor julle huil? Wie sal nog moeite doen om te vra hoe dit met julle gaan?

6. Julle het My in die steek gelaat,” sê die Here.“Julle steur julle nie aan My nie.Daarom sal Ek sorg dat daar niks van julle oorbly nie. Ek is moeg daarvan om julle altyd nog ’n kans te gee.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 15