Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 13:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir my gesê: “Gaan koop vir jou ’n linnegordel en bind dit om jou heupe. Jy moet dit nie was nie.”

2. Ek het die lap gaan koop soos die Here gesê het en dit om my heupe vasgebind.

3. Toe het die Here weer vir my ’n boodskap gegee:

4. “Vat nou die linnegordel wat jy dra en gaan na die Eufraatrivier toe. Steek dit in ’n skeur in een van die rotse weg.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 13