Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:8-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Mense wat afgode vereer, is dom en dwaas. Die goed wat hulle aanbid,is dan van hout!

9. Hulle bring die fynste silwer uit Tarsis en suiwer goud uit Ufas en ’n handvaardige goudsmid maak ’n beeld. Vaardige kleremakers trek dan vir hierdie beeld klere van duur materiaal aan.

10. Maar die Here is die enigste ware God, Hy is die God wat lewe. Hy sal vir altyd Koning bly! As Hy kwaad is, bewe die aarde. Die nasies is nie bestand teen sy woede nie.

11. Sê vir mense wat die afgode aanbid: “Julle sogenaamde gode, wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie, sal van die aarde af verdwyn.”

12. God het die aarde deur sy krag gemaak. Hy het die wêrelddeur sy kennis laat ontstaan. Dit is deur sy insig dat die hemel uitgesprei lê.

13. As Hy praat, kom die wolkmassa in oproer. Hy laat mistigheid opstyg vanaf die eindes van die aarde.Hy stuur ook weerlig saam met die reën,Hy laat die wind vryuit sy stoorkamers.

14. In vergelyking met Hom is mense dom en sonder kennis! Hulle maak afgodsbeelde,maar die beelde bring hulle makers in die verleentheid, want hulle is vals,sonder enige lewe.

15. Hulle is niks werd nie.Hulle is niks anders as leuens nie!Die tyd van hulle vernietiging sal kom.

16. Maar die God van Israelis nie soos hierdie afgode nie! Hy is Skepper van alles wat bestaan, ook van Israel, sy besondere erfenis.Sy Naam is die Here,die Almagtige!

17. “Vat julle goed om uit die land te gaan,want die beleg gaan begin!”

18. sê die Here. “Ek gaan julle skielik uit julle land smyt. Ek gaan groot ellende oor julle laat kom. Dan sal julle my toorn ervaar.”

19. My ellende is groot,my wonde is seer. Ek het gedink: Dié lyding sal ek maar moet verduur.

20. My huis is wegen daar is niemand oor om my te help om dit te herbou nie.My kinders is weggevat, en ek sal hulle nooit weer sien nie.

21. Ons leiers is onnosel. Hulle vra nie wat die Herevan hulle verwag nie. Dit is waarom hulle misluk. En dis ook hoekom ons mense oral verstrooi is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10