Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:17-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “Vat julle goed om uit die land te gaan,want die beleg gaan begin!”

18. sê die Here. “Ek gaan julle skielik uit julle land smyt. Ek gaan groot ellende oor julle laat kom. Dan sal julle my toorn ervaar.”

19. My ellende is groot,my wonde is seer. Ek het gedink: Dié lyding sal ek maar moet verduur.

20. My huis is wegen daar is niemand oor om my te help om dit te herbou nie.My kinders is weggevat, en ek sal hulle nooit weer sien nie.

21. Ons leiers is onnosel. Hulle vra nie wat die Herevan hulle verwag nie. Dit is waarom hulle misluk. En dis ook hoekom ons mense oral verstrooi is.

22. Hoor julle, dit is die gedreun van die vyand se leërs wat uit die noorde op pad is. Hulle sal die dorpe van Juda verwoes. Die dorpe sal ’n lêplek weesvir jakkalse.

23. Ek weet, Here, mense se lewens is nie hulle eie nie. Niemand het beheer oor wat met hulle gaan gebeur nie.

24. Here, help my reg, maar werk sag met my. As U dit in woede doen, sal niks van my oorbly nie.

25. Haal u woede liewer uit op ons vyande. Hulle steur hulle mos nie aan U nie. Hulle het ook nierespek vir U nie. Hulle het u volk Israel uitgeroeien die land verwoes.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10