Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 6:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind.

2. Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe.

3. Kom, laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek.

4. “O Israel en Juda, wat moet Ek met julle doen?” vra die Here. “Want julle liefde is soos ’n môrewolkie wat gou verdwyn, soos dou wat wegraak voor die son.

5. Ek het my profete gestuur om julle in stukke te kap. Ek het julle met my woorde getref, gedreig met die dood. My oordeel sal julle tref so seker as die dag breek.

6. Ek soek troue liefde en nie offers nie; toewyding aan God en nie brandoffers nie.

7. “Maar soos Adam die verbond met My verbreek het, so was julle ontrou aan My.

8. Gilead is ’n stad vol bose mense wat ’n bloedspoor laat.

Lees volledige hoofstuk Hosea 6