Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 8:4-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. “Belowe my, vroue van Jerusalem, dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie.”

5. “Wie kom daar uit die woestyn terwyl sy leun op haar beminde?” “Onder die appelboom het ek jou opgewek, daar waar jou majou in die wêreld gebring het,waar sy met pyn aan jou geboorte gegee het.

6. Hou my vas teen jou, soos die seëlring op jou bors,soos die seëlring aan jou vinger. Liefde is so sterk soos die dood. Liefdesdrif so magtig soos die doderyk. Dit brand soos ’n vuurvlam wat alles verteer.

7. ’n Stroom water kan die liefde nie blus nie. Riviere kan dit nie wegspoel nie. Selfs al wil iemand liefde koop met alles wat hy besit,sal hy net uitgelag word.”

8. “Ons sussie is nog baie jonk. Borste het sy nog nie. Wat gaan ons doen die dag as iemand vra om met haar te trou?

9. As sy ’n muur was, het ons ’n silwertoring rondom haar gebou. As sy ’n deur was, het ons haar afgehok met sederplanke.”

10. “Ek is ’n muur.My borste is al soos torings. My beminde is tevrede met my.

11. “Salomo besit ’n wingerd in Baäl-Hamon. Hy huur dit uit aan mense wat die wingerd bewerk. Daarvoor betaal hulle hom elkeen11 000 gram silwer.”

12. Maar ek werk alleen in my wingerd. Salomo, hou maar die 11 000 gram silwer vir jouselfen gee 2 200 gram silwer vir die mense wat in die wingerd werk.”

13. “Jy wat in die tuine woon,jou vriende luister na jou stem. Laat my ook jou stem hoor!”

14. “Maak gou, my liefling. Kom na my toe so vinnig soos ’n ribbok,soos ’n jong takbok in die kruieberge!”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 8