Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 8:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Was jy nou maar net my broer! Het jy ook maaraan my ma gedrink, dan kon ek sonder skaamtejou soenas ek jou buite teëkom.

2. Ek kon jou dan bring na my ma se huis, sy wat my kon leer hoe om lief te hê. Ek sou jou laat drinkvan my kruiewyn,van my soet granaatwyn.

3. Sy linkerarm is onder my kop. Met sy regterarm omhels hy my.

4. “Belowe my, vroue van Jerusalem, dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie.”

5. “Wie kom daar uit die woestyn terwyl sy leun op haar beminde?” “Onder die appelboom het ek jou opgewek, daar waar jou majou in die wêreld gebring het,waar sy met pyn aan jou geboorte gegee het.

6. Hou my vas teen jou, soos die seëlring op jou bors,soos die seëlring aan jou vinger. Liefde is so sterk soos die dood. Liefdesdrif so magtig soos die doderyk. Dit brand soos ’n vuurvlam wat alles verteer.

Lees volledige hoofstuk Hooglied 8