hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8

Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek het na my tuin toe gekom, my suster, liewe bruid. Ek het my mirre, my geurige kruie kom pluk. Ek het my heuning kom eet, my wyn en melk kom drink.” “Eet, vriende, drink;word dronk van die liefde, minnaar.”

Jong vroue van Jerusalem:

2. “Een nag het ek gelê en slaapen wakker geword toe my liefling klop aan die deur. Hy het gesê:‘Maak vir my oop, my liefling,my duif, my skat! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’

3. “Ek sê toe:‘Ek het dan al klaar uitgetrek, moet ek nou weer aantrek? Ek het my voete al klaar gewas, hoekom moet ek hullenou weer vuil laat word?’

4. “My liefling probeer toe om die deur oop te maak. Van opgewondenheid het my hart gebons.

5. Ek het opgestaan om oop te maak vir my liefling. My hande was nat van parfuum, en terwyl ek die deur oopsluit,het mirre gedrupvan my vingers af.

6. “Ek het oopgemaak vir my liefste, maar hy het alreeds omgedraai en weggeloop.My hart wou gaan staantoe hy gepraat het! Ek het na hom gaan soek, maar ek kon hom nie kry nie. Ek het na hom geroep, maar hy het nie geantwoord nie.

7. Die wagte wat deur die stad gaan, het my gekry. Hulle het my geslaan, my seergemaak. Die wagte op die mure het my tjalie geskeur.

8. “Vroue van Jerusalem, wat sal julle vir my minnaar sê wanneer julle hom teëkom?Sê vir homdat die liefde my verteer.”

Jong vroue van Jerusalem:

9. “Wat is dan anders aan jou beminde,o mooiste vrou? Wat is dan anders aan jou bemindedat jy ons so smeek?”

Jong vrou:

10. “My liefling is pragtig. Hy staan uit bo duisende ander.

11. Sy voorkop is soos skitterende goud. Hy het golwende hare,so swart soos dié van ’n kraai.

12. Sy oë is soos dié van duiwe wat by die waterstrome bly,gewas in melk en soos juwele geset.

13. Sy wange is soos beddings vol geurige kruie. Sy lippe is soos lelies wat drup van mirre.

14. Sy hande is soos stukke goud met edelstene daarin gemonteer. Sy lyf is soos ’n stuk ivoor,ingelê met saffiere.

15. Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke staan. Dit lyk soos sederstompe, spesiaal gekap in die Libanon.

16. Sy mond smaak soet, hy is begeerlik in alles. So is my liefling, my vriend, vroue van Jerusalem.”