Ou Testament

Nuwe Testament

Hooglied 4:7-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. My beminde, alles aan jou is mooi. Daar is geen fout aan jou nie.

8. “My bruid, kom saam met my van die Libanonberg af. Kom kyk van die kruin van Amana, van bo van Senir en Hermon af, waar die leeus bly en die luiperds lê.

9. Jy het my opgewonde gemaak, my suster, my liewe bruid. ’n Skalkse kyk van jou oë, een kyk na die halssnoer om jou nek het my in vervoering gebring.

10. Om jou te liefkoos, is wonderlik, my liewe bruid.Dit is soveel beter as wyn. Jou parfuum ruik lekkerder as al die geurige kruie.

11. Jou lippe proe soos heuning, my bruid. As jy praat, is dit so heerliksoos heuning en melk. Jou klere ruik so lekker soos die Libanon.

12. “My suster, my bruid, is ’n tuin wat toegesluit is. Sy is ’n fontein wat toegebou en verseël is.

13. Sy is ’n pragtige boord van granaatbome,met uitsoekvrugte, hennastruike en nardus,

14. nardus en saffraan, kalmoes en kaneel saam met geurige kruie, mirre en aalwyn, saam met al die geurigste kruie.

15. Sy is ’n fontein in my tuin, ’n put met borrelende vars water wat van die Libanon af stroom.”

16. “Begin waai, noordewind, kom, suidewind, kom waai deur my tuin!Waai sy geure aan na my liefling dat hy na sy tuin toe kan kom om sy heerlike vrugte te eet.”

Lees volledige hoofstuk Hooglied 4