Ou Testament

Nuwe Testament

Haggai 2:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 17 Oktober van dieselfde jaar het die Here weer vir die profeet Haggai ’n boodskap gegee.

2. “Sê vir Serubbabel, die seun van Sealtiël, goewerneur van Juda, en Jesua, die seun van Josadak, die hoëpriester, asook vir al die Here se mense wat in die land oorgebly het, die volgende:

3. Is daar nog enigiemand wat kan onthou hoe hierdie huis, die tempel, vroeër gelyk het? Hoe vergelyk die tempel nou met daardie een van vroeër? Daar is geen vergelyking nie, nie waar nie!

4. Maar skep moed, Serubbabel, skep moed, Jesua, seun van Josadak, die hoëpriester, sê die Here. Ook al die mense wat nog in die land oor is, moet moed skep, sê die Here. Skep moed en doen die werk, want Ek is by julle, sê die Here, die Almagtige.

5. My Gees sal by julle bly soos Ek julle belowe het toe julle uit Egipte getrek het. Julle moet glad nie bang wees nie.”

6. Dit is wat die oppermagtige Here sê: “Binnekort gaan Ek die hemel en die aarde weer skud. Ek gaan die oseane en die droë grond skud.

7. Al die volke gaan Ek ook skud. Al hierdie nasies se skatte sal na hierdie tempel toe gebring word. Ek sal hierdie plek met heerlikheid vul, sê die Here, die Almagtige.

8. Die silwer en die goud behoort aan My, sê die Here, die Almagtige.

9. Die toekomstige roem van hierdie tempel sal baie groter wees as wat dit in die verlede was, sê die Here, die Almagtige. Ek sal in hierdie plek vrede bewerkstellig. Ek, die Here, die Almagtige, bevestig dit!”

10. Op 18 Desember van die tweede jaar wat Darius koning was, het die Here die volgende boodskap deur die profeet Haggai gestuur:

11. “Die Here, die Almagtige, sê: Vra vir die priesters die volgende vraag oor die gebooie:

Lees volledige hoofstuk Haggai 2