Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:6-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’

7. Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit.

8. Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister.

9. “Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdomvir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees.

10. Julle het julleself in skande gebring deur die moorde wat julle gepleeg het. Daardeur het julle julle eie lewens prysgegee.

11. Die stene in die mure van julle huise skree uit oor wat julle gedoen het. Die klag teen julle weerklink teen die balke in die plafon.

12. “Wee julle wat stede bou met geld wat julle bekom hetdeur moord en onreg!

13. Het die Here, die Almagtige, nie beloofdat die nasies se rykdom tot as sal verbrand nie? Hulle werk so hard, maar dit is alles tevergeefs!

14. Die tyd sal aanbreek dat die hele aarde vol sal word met die kennis van die Herese magtige teenwoordigheid net soos water die see oordek.

15. “Wee julle wat julle buredronk maak! Julle meng drank en maak hulle dronk om na hulle naaktheid te kyk.

16. Binnekort sal dit julle beurt weesom in skande te kom! Kom, drink en word ontbloot! Drink uit die beker van oordeel. So sal julle eer in skande verander.

17. Julle kap die bome van Libanon af, nou sal julle afgekap word! Julle verskrik die wilde diere deur hulle in strikke te vang. Nou sal verskrikking julle tref omdat julle oral in die stedemoord en geweld gepleeg het!

18. “Wat is die nut om mensgemaakte afgode te aanbid? Dit is dwaas om julle vertroue te stel op iets wat julle met julle eie hande gemaak het. Dit is ’n afgod wat nie kan praat nie. Julle is dwase om dié leuens te glo!

19. Wee julle wat vir ’n stuk hout sê: ‘Word wakker! Kom red ons!’ Kan julle by ’n lewelose klip iets leer? Kan ’n stom klip sêwat om te doen?Al is dit oorgetrek met goud en silweris dit heeltemal sonder lewe.

20. Die Here is in sy heilige tempel;laat almal op aardestil wees in sy teenwoordigheid!”

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2