Ou Testament

Nuwe Testament

Habakuk 2:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek gaan in my uitkyktoring staan, my plek inneem op my wagpos in die muur. Ek wag om te sien wat die Here vir my gaan sê, wat sy antwoord op my klagte sal wees.

2. Toe het die Here geantwoord: “Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.

3. Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie.

4. “Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen,sal deur hulle geloof lewe.

5. Voorspoed verlei mense, en hoogmoedige mense kom nooit tot rus nie. Hulle is magshonger met monde wat groot oop is soos die dood. Tog stel niks hulle ooit tevrede nie. In hulle gulsigheid versamel hulle baie nasies en volkeas gevangenes.

6. “Die tyd kom wanneer hulle krygsgevangenes hulle sal koggel en verneder deur te sê: ‘Diewe! Einde ten laaste het die gereg julle ingehaal! Nou sal julle kry wat julle verdien vir julle verdrukking en uitbuiting!’

7. Julle skuldeisers sal skielik in woede reageer. Hulle sal op julle toesak terwyl julle bewend en hulpeloos is. Hulle sal alles buit wat julle besit.

8. Julle het baie nasies beroof, nou sal hulle julle beroof. Julle moordenaars! Julle het baie landelike gebiede en ook die stede met geweld geteister.

9. “Wee julle wat deur onreg ryk word! Julle dink dat rykdomvir julle sekuriteit sal waarborg, dat julle families buite bereik van gevaar sal wees.

10. Julle het julleself in skande gebring deur die moorde wat julle gepleeg het. Daardeur het julle julle eie lewens prysgegee.

Lees volledige hoofstuk Habakuk 2