Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 9:21-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Op ’n dag het Noag van die wyn gedrink wat hy gemaak het, dronk geword en sonder klere in sy tent gelê.

22. Gam, Kanaän se pa, het dit gesien en buite vir sy broers gaan vertel.

23. Sem en Jafet vat toe ’n kledingstuk en hou dit agter hulle skouers, loop agteruit in die tent en bedek hulle pa. Hulle het nie agtertoe gekyk nie omdat hulle nie hulle pa in daardie toestand wou sien nie.

24. Toe Noag weer nugter was, kom hy agter wat sy jongste seun gedoen het

25. en sê:“Vervloek is Kanaän!Hy sal die slaaf weesvan die slawe van sy broers.”

26. Noag sê ook:“Prys die Here, die God van Sem!Kanaän sal Sem se slaaf wees.

27. God sal vir Jafet ruimte geeom in te woon,en ook vrede met Sem;en Kanaän sal ook sy slaaf wees.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 9