Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 49:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jakob roep toe al sy seuns bymekaar en sê: “Kom staan hier om my sodat ek julle kan vertel wat in die toekoms met julle sal gebeur.

2. “Kom luister, seuns van Jakob;luister na Israel, julle vader.

3. “Ruben, jy is my oudste seun,die kind van my kragtige jeug,die vernaamste en die sterkste.

4. Jy is onstuimig soos die golwe van die see,maar jy sal nie langer die belangrikste wees nie.Want jy het by een van my vroue geslaap;jy het my in my bed onteer.

5. “Simeon en Levi is een en dieselfde,mense van geweld en wapens.

6. Ek wil ver van hulle af bly.Ek wil nooit deel hê aan hulle bose planne nie,hulle wat in woede mense vermoorhet,diere vir die plesier vermink het.

7. Vervloek is hulle woede, want dit is wreed.Daarom sal hulle nageslag verstrooi word,uitgestrooi oor die hele Israel heen.

8. “Juda, jou broers sal jou prys.Jy sal jou vyande onderwerp.Jou broers sal voor jou buig.

9. Juda is ’n jong leeuwat pas sy prooi verslind het.Soos ’n leeu rek hy uit en gaan lê,soos ’n leeumannetjie, en wie salhom steur?

Lees volledige hoofstuk Genesis 49