Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 47:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Net voordat hy vertrek, het Jakob weer die farao met ’n seën gegroet.

11. Josef het toe die beste deel van Egipte, die land van Rameses, aan sy pa en broers gegee om hulle daar te vestig, net soos die farao beveel het.

12. Josef het ook volgens die getal afhanklikes aan sy pa en broers kos voorsien.

13. Intussen het die hongersnood al hoe erger geword. Die mense van Egipte en Kanaän het swaar daaronder gely.

14. Josef het baie geld ingesamel in ruil vir graan. Hy het die geld na die farao se skatkamers gebring.

15. Toe die geld van die mense van Egipte en Kanaän op was, het hulle kom pleit vir kos: “Ons geld is op,” het hulle gekla. “Gee ons asseblief kos om te eet. Hoekom moet ons dan sterf?”

16. “Aangesien julle geld op is,” sê Josef, “moet julle vee gee in ruil vir kos.”

17. Hulle het toe hulle vee gegee. In ruil vir hulle perde, kleinvee, grootvee en donkies kon hulle minstens genoeg kos kry vir daardie jaar.

Lees volledige hoofstuk Genesis 47