Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 47:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Josef het na die farao toe gegaan en aan hom gerapporteer: “My pa en my broers is hier van Kanaän af. Hulle het met al hulle kleinvee en grootvee en ander besittings gekom en is nou in die Gosenstreek.”

2. Josef het vyf van sy broers met hom saamgeneem en hulle aan die farao voorgestel.

3. Die farao vra vir hulle: “Wat is julle beroep?”Hulle antwoord hom: “Ons is veeboere soos ons voorouers.

4. Ons het gekom om as vreemdelinge hier in Egipte te woon, want daar is in Kanaän geen weiding meer vir ons vee nie. Die hongersnood is daar baie swaar. Ons vra u toestemming om in die Gosenstreek te woon.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 47