Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 40:14-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. En, asseblief, dink aan my wanneer dit weer met jou goed gaan. Noem my naam by Farao en vra hom om my uit hierdie plek vry te laat.

15. Want ek is ontvoer uit my geboorteland, die land van die Hebreërs. Nou is ek in die tronk gesmyt sonder dat ek iets verkeerds gedoen het.”

16. Toe die hoof van die bakkers hoor dat die eerste droom gunstig was, vertel hy ook syne vir Josef. “In my droom,” sê hy, “was daar drie mandjies met brood op my kop.

17. In die boonste een was daar ’n heerlike baksel vir Farao. Maar die voëls het gekom en daaraan gevreet.”

18. “Dit is wat jou droom beteken,” sê Josef. “Die drie mandjies dui op drie dae.

19. Drie dae van nou af sal Farao jou kop afkap en jou liggaam aan ’n paal ophang. Die voëls sal dan jou vleis kom afpik.”

20. Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag. Hy het ’n groot feesmaal gereël vir al sy amptenare. Hy laat haal toe die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers en verhoor hulle voor almal.

21. Hy het die hoof van die skinkers in sy ou pos herstel om soos vroeër weer die beker vir die farao aan te gee.

22. Maar die hoof van die bakkers het hy aan ’n paal laat ophang – alles presies soos Josef gesê het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 40