Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 4:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die mens het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het swanger geword. Sy het geboorte gegee aan Kain. Sy sê toe: “Met die hulp van die Here het ek ’n man voortgebring!”

2. Daarna het sy geboorte gegee aan sy broer Abel.Toe hulle groot was, het Abel ’n veeboer geword en Kain ’n landbouer.

3. Toe oestyd aanbreek, het Kain uit die opbrengs van sy landerye ’n offer vir die Here gebring.

4. Abel het die beste uit sy lammers, die eerstelinge van die seisoen, en van hulle vet as offer gebring. Die Here het Abel en sy offer aanvaar,

5. maar nie dié van Kain nie. Daaroor was Kain baie kwaad en neerslagtig.

Lees volledige hoofstuk Genesis 4