Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:17-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Sy sê toe vir hom: “Daardie Hebreeuse slaaf wat jy hier ingebring het, het probeer om by my aan te lê.

18. Gelukkig het ek geskree. Toe hardloop hy hier uit, maar het sy kleed agtergelaat!”

19. Nadat Potifar sy vrou se storie gehoor het oor wat hy met haar probeer aanvang het, was hy briesend.

20. Hy gryp Josef en gooi hom in die tronk waar die koning se gevangenes gehou word. Terwyl hy daar in die tronk was,

21. was die Here ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was.

22. Spoedig het die tronkbewaarder Josef oor die ander gevangenes aangestel en oor alles wat in die tronk moes gebeur.

23. Die tronkbewaarder het geen bekommernis gehad nie, want Josef het oor alles toesig gehou. Die Here was met hom sodat hy suksesvol was in alles wat hy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 39