Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 39:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Ismaelitiese handelaars het vir Josef Egipte toe gebring. Daar het Potifar, ’n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, hom by hulle gekoop.

2. Die Here was met Josef sodat dit met hom goed gegaan het in die huis van sy Egiptiese meester.

3. Toe Potifar dit raaksien en besef die Here is met Josef aangesien hy suksesvol was in alles wat hy doen,

4. was Potifar hom goedgesind. Hy het Josef as sy persoonlike sekretaris aangestel en sy hele huishouding en selfs sy saketransaksies aan hom toevertrou.

5. Van toe af het die Here Potifar geseën ter wille van Josef. Die huishouding het glad verloop en sy boerdery het vooruitgegaan.

6. Daarom het Potifar hom aangestel oor alles wat hy besit. Met Josef aan die stuur het hy geen bekommernisse gehad nie, behalwe om te besluit wat hy wou eet!Josef was goed gebou en baie aantreklik.

7. Ná sy bevordering het Potifar se vrou met begeerte na hom begin kyk. Sy het hom genooi om by haar te kom slaap.

8. Maar Josef het geweier. “Kyk,” sê hy vir haar, “my meester vertrou my met alles in sy hele huishouding.

9. Niemand het meer gesag daaroor as ek nie. Hy het niks van my weerhou nie, behalwe u, omdat u sy vrou is. Hoe kan ek ooit so ’n slegte ding doen? Ek sal mos teen God oortree.”

10. Sy het dag na dag druk op hom uitgeoefen, maar hy het volhard om nie toe te gee aan haar versoeke nie. Hy het selfs so ver moontlik uit haar pad probeer bly.

11. Eendag was hy besig om sy werk te doen terwyl daar niemand anders in die huis was nie.

12. Sy kom toe en gryp hom aan sy klere en eis van hom: “Kom slaap by my!” Josef het hom losgeskeur, maar in die proses die kledingstuk waaraan sy hom gegryp het, agtergelaat en uit die huis gehardloop.

13. Toe sy sien dat sy ’n stuk van sy klere in haar hand vashou en dat hy gevlug het,

Lees volledige hoofstuk Genesis 39