Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 23:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. is sy by Kirjat-Arba dood. Dit is Hebron in die land Kanaän. Abraham het daar gerou en oor haar gehuil.

3. Hy het haar lyk net so gelaat, na die leiers van die Hetiete toe gegaan en gesê:

4. “Ek is maar ’n vreemdeling onder julle. Verkoop asseblief aan my ’n stuk grond waar ek my vrou kan begrawe.”

5. Die Hetiete antwoord hom:

6. “Sekerlik, want jy is ’n gerespekteerde persoon in ons omgewing. Kies vir jou die beste graf waarin jy haar kan begrawe. Nie een van ons sal daarteen beswaar maak nie.”

7. Abraham buig toe laag voor die volksleiers van die Hetiete en sê:

8. “Aangesien julle so dink, wees so vriendelik en vra Efron, seun van Soar,

9. om die spelonk van Makpela op die punt van sy grond aan my af te staan. Wat ook al die prys is waarop besluit word, ek sal dit in julle teenwoordigheid ten volle betaal sodat ek ’n begraafplaas van my eie kan besit.”

10. Efron het daar tussen die ander Hetiete gesit. Hy antwoord Abraham in die teenwoordigheid van die oudstes in die stadspoort:

11. “Nee, Meneer! Luister tog asseblief vir my. Ek sal die grot en die stuk land vir jou skenk. Ek gee dit vir jou hier in die teenwoordigheid van my mense. Gaan begrawe gerus jou vrou daar.”

12. Abraham het weer voor die leiers van die land gebuig.

Lees volledige hoofstuk Genesis 23