Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 22:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Die engel van die Here roep toe weer uit die hemel na Abraham:

16. “Die Here sê: ‘Omdat jy My gehoorsaam het en nie eens jou geliefde seun van My weerhou het nie, neem Ek ’n eed

17. dat Ek jou oorvloedig sal seën. Ek sal jou nageslag vermenigvuldig tot ’n ontelbare menigte, soos die sterre aan die hemel en die sand aan die see en hulle sal hulle vyande oorwin.

18. In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word. Dit sal alles gebeur omdat jy My gehoorsaam het.’”

19. Daarna het hulle na die twee slawe toe teruggekeer en almal saam Berseba toe gegaan waar Abraham gewoon het.

20. Kort hierna hoor Abraham dat Milka, sy broer Nahor se vrou, vir Nahor agt seuns in die wêreld gebring het.

21. Die oudste se naam was Us en die ander was Bus, Kemuel (die voorvader van die Arameërs),

22. Kesed, Gaso, Pildas, Jidlaf en Betuel.

23. Betuel het later die pa van Rebekka geword.

24. Benewens hierdie agt seuns by Milka, het Nahor ook nog vier kinders by sy byvrou Reüma gehad. Hulle name was Tebag, Gagam, Tagas en Maäka.

Lees volledige hoofstuk Genesis 22