Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 20:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Abraham het dan vir my gesê: ‘Sy is my suster,’ en sy self het ook gesê: ‘Ja, hy is my broer.’ Ek het regtig in onkunde opgetree!”

6. “Ja, Ek weet jy is onskuldig,” antwoord God. “Dis hoekom Ek jou gekeer het om teen My te sondig. Ek het nie toegelaat dat jy haar aanraak nie.

7. Stuur haar nou terug na haar man toe. Hy sal vir jou bid, want hy is ’n profeet. Dan sal jy bly lewe. As jy haar nie na hom toe terugstuur nie, kan jy seker weet jy en jou hele huishouding sal beslis sterf.”

8. Abimelek het die oggend vroeg opgestaan en vinnig ’n vergadering met al sy amptenare belê. Toe hy hulle vertel wat gebeur het, het ’n groot angs hulle beetgepak.

9. Abimelek laat roep toe vir Abraham. “Wat het jy ons nou aangedoen?” het hy gevra. “Wat het ek verkeerd gedoen om so behandel te word? Ek en my hele koninkryk sou aan ’n groot sonde skuldig gewees het.

10. Hoekom het jy dit aan ons gedoen?”

11. “Maar,” antwoord Abraham, “ek was onder die indruk dis ’n goddelose plek hierdie. Ek het gedink: ‘Hulle sal my vrou wil hê en my doodmaak om haar in die hande te kry.’

12. Sy is inderdaad my suster. Ons het dieselfde pa, maar nie dieselfde ma nie. Ons is egter wel getroud.

Lees volledige hoofstuk Genesis 20