Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 18:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het weer by die groot bome van Mamre aan Abraham verskyn. Terwyl Abraham so in die middel van die dag by die ingang van sy tent sit,

2. sien hy skielik drie mans daar naby staan. Hy het opgestaan, vinnig na hulle toe gestap en hulle verwelkom deur diep te buig.

3. “Menere,” het hy gesê, “doen my ’n guns en vertoef ’n bietjie hier.

4. Rus eers in die skadu van hierdie boom terwyl ek water laat haal om u voete te was.

5. Terwyl u my dan die eer aandoen om by my te vertoef sal ek ’n bietjie kos laat voorberei sodat u versterk kan word. Vertoef tog ’n rukkie voordat u verder reis.”“Alte seker,” sê hulle. “Doen soos jy gesê het.”

6. Abraham is vinnig terug tent toe en sê vir Sara: “Maak gou! Kry drie mate fynmeel, knie dit en bak roosterkoeke.”

Lees volledige hoofstuk Genesis 18