Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11:8-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Op hierdie manier het die Here hulle van daar af oor die aarde versprei. Dit was ook die einde van hulle bouprojek van die stad.

9. Dit is dan ook hoekom die stad Babel genoem is, want dis waar die Here die mense se taal verwar het sodat hulle oor die aarde versprei het.

10. Hier volg die lys van Sem se nageslag.Toe Sem 100 jaar oud was, is sy seun Arpaksad gebore. Dit was twee jaar na die vloed.

11. Ná die geboorte van Arpaksad het Sem nog 500 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpaksad 35 jaar oud was, is sy seun Selag gebore.

13. Ná die geboorte van Selag het Arpaksad nog 403 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag 30 jaar oud was, is sy seun Heber gebore.

15. Ná die geboorte van Heber het Selag nog 403 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber 34 jaar oud was, is sy seun Peleg gebore.

17. Ná die geboorte van Peleg het Heber nog 430 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg 30 jaar oud was, is sy seun Reü gebore.

19. Ná die geboorte van Reü het Peleg nog 209 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

20. Toe Reü 32 jaar oud was, is sy seun Serug gebore.

21. Ná die geboorte van Serug het Reü nog 207 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug 30 jaar oud was, is sy seun Nahor gebore.

23. Ná die geboorte van Nahor het Serug nog 200 jaar gelewe. Hy het ook nog ander seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor 29 jaar oud was, is sy seun Tera gebore.

Lees volledige hoofstuk Genesis 11