Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 1:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder.

2. Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef.

3. Toe beveel God: “Laat daar lig wees!” en dit was so.

4. Die lig was vir God goed. Daarop het God die lig en die donkerte van mekaar geskei.

5. God het die lig “dag” genoem en die donkerte “nag”. Dit alles het op die eerste dag gebeur.

6. God het beveel: “Laat daar skeiding kom tussen die waters!”

7. So het God die hemelkoepel gemaak wat die water bokant die aarde skei van die water onder op die aarde. Dit het alles net so gebeur.

8. God noem toe die blou koepel “hemel”. Dit het op die tweede dag gebeur.

Lees volledige hoofstuk Genesis 1