Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die koning kon daardie nag nie slaap nie. Hy het beveel dat die boeke oor die geskiedenis van sy koninkryk gebring moes word sodat hulle vir hom daaruit kon lees.

2. Daarin is beskryf hoe Mordegai die twee haremamptenare Bigtan en Teres, wat diens as deurwagte gedoen het, se komplot om die koning te vermoor, aan die lig gebring het.

3. “Watter beloning of erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” wou die koning weet. Sy amptenare het geantwoord: “Hy het niks gekry nie.”

4. “Wie is daar in die voorhof?” wou die koning weet. Haman was juis besig om van die buitenste voorhof van die paleis af in te kom. Hy wou by die koning toestemming kry dat Mordegai aan die galg wat Haman vir hom laat oprig het, opgehang moes word.

Lees volledige hoofstuk Ester 6