Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 4:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “En nou, mensekind, vat ’n groot baksteen en sit dit voor jou neer. Teken dan ’n kaart van Jerusalem daarop.

2. Bou beleëringswalle teen die stadsmure. Omring dit met kampe vir die vyand se soldate en rig stormramme teen die mure op.

3. Neem dan ’n ysterplaat en sit dit tussen jou en die stad. Kyk na die stad en demonstreer hoe die vyand Jerusalem sal aanval. Laat dit Israel waarsku.

4. “Gaan lê dan op jou linkersy en sit die sondeskuld van Israel op jou. Jy moet hulle straf dra vir die aantal dae wat jy daar op jou sy lê.

5. Jy moet Israel se straf dra vir 390 dae – een dag vir elke jaar wat hulle gesondig het.

6. Daarna moet jy omdraai en op jou regtersy lê vir 40 dae – ’n dag vir elke jaar wat Juda gesondig het.

7. “Intussen moet jy aanhou om te wys hoe jy Jerusalem beleër. Lê daar met jou arm ontbloot en profeteer oor haar ondergang.

8. Ek sal jou met toue vasmaak sodat jy nie op jou ander sy kan draai nie, tot die tyd verby is dat jy die beleëring gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 4