Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 39:26-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Die dag as hulle veilig in hulle land bly en vir niemand hoef bang te wees nie, sal hulle die skande en die ontrouheid vergeet waarmee hulle My behandel het.

27. Wanneer Ek hulle huis toe bring uit die lande van hulle vyand, sal Ek vir die nasies wys dat Ek heilig is.

28. Dan sal my volk besef dat Ek, die Here, hulle God is. Dis Ek wat hulle in ballingskap weggestuur het en dis Ek wat hulle huis toe bring. Ek laat nie een agterbly nie.

29. En Ek sal nooit weer my rug op hulle draai nie, want Ek sal my Gees oor die mense van Israel uitgiet, sê die oppermagtige Here.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 39