Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 39:21-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. “So sal Ek myself onder die nasies vereer. En hulle sal sien hoe Ek hulle straf as Ek my hand op hulle lê.

22. Van daardie dag af sal die mense van Israel besef dat Ek, die Here, hulle God is.

23. Die nasies sal ook weet hoekom Ek Israel in ballingskap weggestuur het. Dit was as straf vir hulle sondes, want hulle was ontrou aan My. Daarom het Ek my rug op hulle gedraai en toegelaat dat hulle vyande hulle vernietig.

24. Ek het my gesig weggedraai en hulle gestraf vir hulle besoedelde leefwyse en oortredings.”

25. “So sê die oppermagtige Here: Ek sal Jakob terugbring uit ballingskap en My ontferm oor die mense van Israel, want Ek gaan die eer van my Naam beskerm.

26. Die dag as hulle veilig in hulle land bly en vir niemand hoef bang te wees nie, sal hulle die skande en die ontrouheid vergeet waarmee hulle My behandel het.

27. Wanneer Ek hulle huis toe bring uit die lande van hulle vyand, sal Ek vir die nasies wys dat Ek heilig is.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 39