Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 39:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Mensekind, profeteer teen Gog. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Ek is jou vyand, Gog, grootkoning van Mesek en Tubal.

2. Ek draai teen jou en dryf jou na die berge van Israel. Ek bring jou uit die verre noorde, na die berge van Israel.

3. Ek slaan jou boog uit jou linkerhand en jou pyle uit jou regterhand.

4. Jy en jou baie soldate sal op die berge doodgemaak word. Ek maak julle kos vir die aasvoëls en wilde diere.

5. Jy sal op die oop veld val, sê die oppermagtige Here.

6. Ek gooi vuur op Magog en al sy bondgenote wat veilig langs die kus bly. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.

7. “So sal die mense van Israel My leer ken as die Heilige. Ek sal nie dat hulle my verder ontheilig nie. En die nasies sal ook besef dat Ek die Here is, die Heilige van Israel.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 39