Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 38:17-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. “So sê die oppermagtige Here: Jy is die een van wie Ek lankal deur my profete gepraat het. Toe het Ek gesê dat Ek jou in die toekoms teen my volk sal laat optrek.

18. Daardie dag, as Gog die land Israel binneval, sal Ek baie kwaad word, sê die oppermagtige Here.

19. In my brandende woede belowe Ek dat daar ’n groot aardbewing in die land Israel sal wees.

20. Die vis, voëls en diere, alles wat beweeg en al die mense sal voor My bewe. Berge sal omgegooi word, kranse sal inmekaarstort en mure sal omval.

21. Ek stuur ’n swaard teen Gog op my berge, sê die oppermagtige Here. Elkeen sal teen sy broer baklei.

22. Dan straf Ek jou met siekte en dood. Ek stort wolkbreuke, hael, vuur en brandende swael uit oor jou en jou soldate en die baie nasies saam met jou.

23. So wys Ek hoe groot en heilig Ek is. Baie nasies sal My leer ken. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 38