Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 38:13-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Skeba, Dedan en die handelaars van Tarsis sal vra: ‘Het jy kom plunder? Het jy jou soldate bymekaargemaak om die vee weg te dryf en die besittings te vat, die goud en silwer as buit weg te dra?’

14. “Daarom, mensekind, profeteer teen Gog. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Die dag as my volk in vrede leef, sal jy jouself gereed maak.

15. Dan kom jy met al jou ruiters en soldate van jou land af in die verre noorde, jy en baie ander nasies.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 38