Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 35:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir my gesê:

2. “Mensekind, kyk in die rigting van die Seïrberg en profeteer oor sy mense.

3. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Seïrberg, en Ek lig my vuis op om jou verlate te maak.

4. “Ek maak jou stede puinhope wat verlate lê, en jy sal besef dat Ek die Here is.

5. Jy haat Israel nog altyd en jy het die mense van Israel uitgelewer toe die ramp oor hulle gekom het en hulle vir hulle sondes gestraf is.

6. So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, ’n bloedbad wag op jou wat nie bang is om ander se bloed te vergiet nie. Dis nou jou beurt!

7. “Ek maak die Seïrberg verlate. Ek maak almal dood wat probeer ontsnap en almal wat wil terugkom.

8. Jou berge sal vol dooies lê. Jou heuwels, valleie en strome sal vol lyke lê van mense wat gesneuwel het.

9. Ek maak jou vir altyd verlate. Jou stede sal nie herbou word nie. Dan sal jy besef dat Ek die Here is.

10. “Jy het gesê: ‘Israel en Juda se grond sal myne word. Ek vat dit vir my. Wat gee ek om dat die Here daar is?’

Lees volledige hoofstuk Esegiël 35