Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 32:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 3 Maart, in die twaalfde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

2. “Mensekind, huil oor die farao, die koning van Egipte. “Sê vir hom: Jy het jouself as ’n sterk, jong leeu tussen die nasies gesien, maar eintlik is jy ’n seemonster wat in jou riviere rondtrap en die water modderig maak.

3. “Die oppermagtige Here sê: Ek stuur baie mense om jou in my net te vang en jou uit die water te sleep.

4. Ek los jou op droë grond. Al die voëls en wilde diere sal aan jou karkas kom vreet, hulle sal versadig word.

5. Ek maak heuwels toe met jou vleis en die valleie met jou bene.

6. Ek deurweek die aarde met jou bloed tot by die berge.Die klowe maak Ek vol daarvan.

7. Wanneer Ek jou vernietig, maak Ek die hemel toe en verdonker Ek die sterre.Ek bedek die son met wolke en die maan sal nie skyn nie.

8. Ek bring donkerte oor jou hele land. Selfs die helderste sterre sal bo jou donker word. Ek is die oppermagtige Here, en Ek sê so.

9. “Baie mense sal ontsteld weeswanneer hulle hoor van jou einde,selfs in verre lande waarvan jy nie eens geweet het nie.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 32