Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 32:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 3 Maart, in die twaalfde jaar wat koning Jojagin in ballingskap was, het die Here vir my gesê:

2. “Mensekind, huil oor die farao, die koning van Egipte. “Sê vir hom: Jy het jouself as ’n sterk, jong leeu tussen die nasies gesien, maar eintlik is jy ’n seemonster wat in jou riviere rondtrap en die water modderig maak.

3. “Die oppermagtige Here sê: Ek stuur baie mense om jou in my net te vang en jou uit die water te sleep.

4. Ek los jou op droë grond. Al die voëls en wilde diere sal aan jou karkas kom vreet, hulle sal versadig word.

5. Ek maak heuwels toe met jou vleis en die valleie met jou bene.

6. Ek deurweek die aarde met jou bloed tot by die berge.Die klowe maak Ek vol daarvan.

7. Wanneer Ek jou vernietig, maak Ek die hemel toe en verdonker Ek die sterre.Ek bedek die son met wolke en die maan sal nie skyn nie.

8. Ek bring donkerte oor jou hele land. Selfs die helderste sterre sal bo jou donker word. Ek is die oppermagtige Here, en Ek sê so.

9. “Baie mense sal ontsteld weeswanneer hulle hoor van jou einde,selfs in verre lande waarvan jy nie eens geweet het nie.

10. Ek maak baie mense verstomoor wat met jou gebeur. Hulle konings se hare sal regop staanoor wat jou sal trefas Ek my swaard oor hulle swaai. Die dag as Ek jou tot ’n val bring, sal elkeen vir sy lewe vrees.

11. “Die oppermagtige Here sê: Die swaard van die koning van Babilon is op pad na jou toe.

12. Ek sal jou vernietigmet die swaard van sterk soldate, wat almal wrede mense is. Hulle vernietig Egipte se trots; al sy mense word uitgeroei.

13. Ek vernietig ook al jou vee wat by die water wei. Die water sal nie meer vertroebel worddeur mensevoete of pote van vee nie.

14. Ek maak die water van Egiptehelder, en dit sal rustig vloei soos olyfolie, sê die oppermagtige Here.

15. “Wanneer Ek Egipte vernietig en alles uitwis en al sy mense doodmaak,sal julle besef Ek is die Here.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 32