Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:3-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. want die verskriklike dag is op hande, die Dag van die Here. Dit is ’n dag van donkerte, wanneer nasies geoordeel word!

4. ’n Swaard kom teen Egipte en angs oor Kus. Wanneer mense in Egipte sneuwel,sal haar rykdomme weggevoer, haar fondasies blootgelê word.

5. “Kus, Put, Lud, die hele Arabië en Kub, en al hulle bondgenote sal in die oorlog omkom.

6. “Want so sê die Here: Al Egipte se bondgenote sal val, en die mag waarop hy so trots was, sal vernietig word. Van Migdol tot by Sewene sal hulle deur die swaard doodgemaak word, sê die oppermagtige Here.

7. Egipte sal verlate wees, omring deur verlate volke. Sy stede sal puinhope wees, omring deur stede wat puinhope is.

8. Wanneer Ek Egipte aan die brand steek en al sy bondgenote vernietig word,sal hulle besef Ek is die Here.

9. “Daardie dag stuur Ek boodskappers met skepe om die rustige mense van Etiopië bang te maak. Hulle sal paniekbevange wees die dag as Egipte verwoes word, wat verseker gaan gebeur.

10. “Die oppermagtige Here sê: Ek vernietig die hordes van Egipte deur koning Nebukadnesarvan Babilon.

11. Hy en sy wrede soldate is gestuur om die land te vernietig. Hulle maak oorlog teen Egipte tot die land vol dooies lê.

12. Ek lê die Nyl droog en gee die land oor aan slegte mense. Ek verwoes die land en alles daarin, deur die optrede van vreemdelinge.Ek is die Here, Ek het so gesê!

13. “Die oppermagtige Here sê: Ek slaan die afgode stukkend,ook die beelde in Memfis. In Egipte sal geen koning oorbly nie. Angs sal hulle oorval.

14. Ek vernietig Patros, steek Soan aan die brand en straf Tebes.

15. Ek stort my wraak uit oor Pelusium, die vestingstad van Egipte. Ek vernietig die menigtes van Tebes.

16. Ja, Ek brand Egipte af. Pelusium sal in pyn wees. Tebes sal oopgebreek word,en Memfis daagliks bedreig word.

17. Heliopolis en Bubastisse jong manne sal omkom in die oorlog en die vrouesal as gevangenes weggevoer word.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30