Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:15-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Ek stort my wraak uit oor Pelusium, die vestingstad van Egipte. Ek vernietig die menigtes van Tebes.

16. Ja, Ek brand Egipte af. Pelusium sal in pyn wees. Tebes sal oopgebreek word,en Memfis daagliks bedreig word.

17. Heliopolis en Bubastisse jong manne sal omkom in die oorlog en die vrouesal as gevangenes weggevoer word.

18. Wanneer Ek kom om Egipte se mag te breek, sal dit ook vir Tagpanges ’n donker dag wees. ’n Donker wolk sal daaroor hang en sy dogters sal weggelei word as gevangenes.

19. So straf Ek Egipte. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”

20. Op 29 April, in die elfde jaar van koning Jojagin se ballingskap, het die Here vir my gesê:

21. “Mensekind, Ek het die arm van die farao, die koning van Egipte, gebreek. En sy arm is nie verbind om aan te groei nie; dit is nie gespalk om sterk te word ten einde weer ’n swaard vas te hou nie.

22. Daarom, so sê die oppermagtige Here: Ek is die vyand van die farao, die koning van Egipte! Ek breek albei sy arms, die goeie een en die een wat gebreek was. Die swaard sal uit sy hand val.

23. Ek verstrooi die mense van Egipte onder al die nasies van die wêreld.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30