Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 28:8-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hulle sal jou in die graf laat beland. Jy sal gewelddadig doodgaan in die hart van die see.

9. Sal jy by dié wat jou doodmaak, nog spog: ‘Ek is ’n god!’? Voor hulle sal jy nie ’n god wees nie, maar net ’n mens.

10. Vreemdelinge sal jou doodmaak soos ’n heiden doodgemaak word. Ek, die oppermagtige Here, sê so!”

11. Die Here het ook vir my gesê:

12. “Mensekind, sing ’n begrafnislied oor die koning van Tirus. Sê vir hom die oppermagtige Here sê: Jy het wysheid en prag vervolmaak.

13. Jy was in Eden, die tuin van God. Jou klere was versier met kosbare stene:robyn, topaas, jaspis, chrisoliet, oniks, opaal, saffier, turkoois, en smarag.Hulle was almal in goud geset. Jy het dit gekry die dag toe jy gemaak is.

14. Jy is aangestelas die gerub wat alles oppas. Ek het dit so bepaal. Jy was op die heilige berg van God. Tussen glinsterende edelstene het jy rondgestap.

15. “Jy was onbesprokein alles wat jy gedoen het, vanaf die dag dat jy geskep is tot op die dag toe boosheid in jou gevind is.

16. Jou uitgebreide handelsbetrekkinge het jou gewelddadig gemaak en jou laat sondig. Daarom het Ek jou verban van die godeberg af.Ek het jou verdryf, o gerub wat moes waghou! Ek het jou verwyder van tussen die glinsterende edelstene.

17. “Jy het trots geword oor jou prag. Jou aansien het veroorsaakdat jy jou wysheid verloor het. Daarom het Ek jou op die aarde neergegooi, voor konings wat toekyk.

18. Met jou sondesen oneerlike handelspraktykehet jy jou heiligdomme besoedel.Daarom brand Ek jou af tot net as sal oorbly, terwyl almal toekyk.

19. Almal wat jou geken het, staan verstomoor wat met jou gebeur het. ’n Verskriklike einde het jou getref, en jy bestaan nie meer nie.”

20. Die Here het vir my gesê:

21. “Mensekind, kyk in die rigting van Sidon en profeteer daarteen.

22. Sê vir die mense van Sidon die oppermagtige Here sê: “Ek is jou vyand, Sidon. In jou sal Ekmy heerlikheid vertoon. Wanneer Ek jou strafen my heiligheid onthul,dan sal hulle weet: Ek is die Here.

23. Ek stuur ’n plaag teen jou. Bloed sal op jou strate vloei. Die aanval kom uit elke rigtingen jou mense sal in jou geslag word. Dan sal almal besef dat Ek die Here is.

24. “Die mense van Israel sal nie meer deur hulle buregeminag word soos wilderose en dorings wat steek nie.Dan sal alle mense besef: Ek is die oppermagtige Here.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 28