Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:2-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Mensekind, kyk na Jerusalem en profeteer teen Israel en haar heiligdomme. Profeteer teen die land Israel.

3. Sê vir haar die Here sê: Ek is jou vyand, Israel, en Ek is besig om my swaard te trek om jou mense daarmee dood te maak, sowel regverdiges as slegte mense.

4. Ja, Ek spaar nie eens die regverdiges nie. My swaard tref elkeen in die land, van die suide tot die noorde.

5. Die hele wêreld sal weet dat Ek die Here is. My swaard is in my hand, en Ek sal dit nie terugsit voordat sy werk klaar is nie.

6. “Mensekind, kreun voor die volk! Kreun voor hulle met ’n gebroke hart omdat jy bitter hartseer is.

7. En as hulle jou vra: ‘Hoekom kreun jy so?’ sê vir hulle: ‘Ek kreun oor die verskriklike nuus wat ek gehoor het. Wanneer dit waar word, gaan die dapperste hart van vrees wegsmelt. Almal se krag sal verdwyn. Elke mens sal flou word. Die sterkste knieë sal bewe en so swak word soos water.’ Die oppermagtige Here sê: Dit kom! Dis op pad!”

8. Toe sê die Here vir my:

9. “Mensekind, sê vir die mense die Here sê: “’n Swaard word skerp gemaak en blink gevryf.

10. Dit word gereed gekry vir ’n verskriklike slagting.Dit sal blink soos weerlig! Lag julle daaroor? Ander wat baie sterker as jy is, het al voor sy mag geval!

11. Ja, die swaard word skerp en blink gemaak. Dit word gereed gekry vir die laksman.

12. “Mensekind, roep uit en huil, want die swaard is teen my volk gerig. Dit is gerigteen die leiers van Israel,uitgelewer om deur die swaard te sneuwel. Slaan met jou hande teen jou heupe omdat jy ontsteld is!

13. Almal sal getoets word. Die oppermagtige Here vra nou: Watter kans het hulle?

14. “Mensekind, profeteer teen hulle. Klap jou hande. Vat dan die swaard, swaai dit heen en weer,twee keer, drie keer,want dit gaan mense doodmaak en hulle heeltemal deurboor.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21