Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 19:1-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Sing hierdie begrafnislied oor die leiers van Israel:

2. “‘Wat is jou ma?’n Leeuwyfie tussen leeus!Sy lê tussen die jong leeusen maak haar welpies groot.

3. Sy het een van haar welpiesas ’n sterk jong leeu laat grootword.Hy het geleer om prooi te vang.Toe het hy mense begin vang.

4. Die nasies het van hom gehoor.Hulle het hom in ’n vanggat gevang.En hulle het hom in kettingsna Egipte weggelei.

5. “‘Toe die leeuwyfie siendat al haar hoop vir hom vernietig is,het sy ’n ander welpie gevaten hom ’n sterk jong leeu gemaak.

6. Hy het tussen die leeus rondgeloopen ’n sterk leeu geword.Hy het geleer om prooi te vangen ook ’n mensvreter geword.

7. Hy het vestings van nasies vernietigen hulle dorpe verwoes.Die land en almal daarin was verskrikwanneer hulle hom hoor brul.

8. Toe het die leërs van die nasieshom aangevalen van alle kante omsingel.Hulle het hulle vangnette uitgegooien hom in hulle vanggat vasgekeer.

9. Hulle het hom met kettings in ’n hokvoor die koning van Babel gebring.Hulle het hom gevange gehousodat sy stem nie meer op Israel se berge gehoor word nie.

10. “‘Jou ma was soos ’n wingerdstokwat langs die water geplant is.Dit het druiwe en ranke gehadomdat daar baie water was.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 19