Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 16:51-63 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

51. “Selfs Samaria het nie die helfte van die sondes gedoen wat jy gedoen het nie. Jy het veel erger dinge gedoen as jou susters. Trouens, in vergelyking met jou lyk hulle regverdig!

52. Jy moet jou skaam omdat jy met jou sondes jou susters geregverdig het. Skaam jou omdat jou sondes só afskuwelik is dat jou susters in vergelyking met jou regverdig lyk!

53. “Eendag gaan Ek die lot van Sodom en haar dogters en Samaria en haar dogters verander. Dan sal Ek jou ook weer oprig.

54. Daardie dag sal jy skaam voel oor alles wat jy gedoen het, oor jou sondes wat hulle goed laat voel het in vergelyking met jou.

55. Ja, jou susters, Sodom en Samaria, en hulle mense sal herstel word. Dan sal jy en jou mense ook herstel word.

56. Vroeër, toe jy trots was, het jy op Sodom neergesien.

57. Maar nou is jou afskuwelike gedrag voor die hele wêreld ten toon gestel. Jy is nou die een op wie neergesien word: deur die mense van Edom en die omgewing, en die mense van Filistea. Van alle kante af sien mense op jou neer.

58. Dit is die straf op jou afskuwelike sondes, sê die Here.

59. “Nou sê die oppermagtige Here: Ek gee jou wat jy verdien, want jy het jou plegtige eed geminag en jou verbond gebreek.

60. Nogtans sal Ek onthou van die verbond wat Ek met jou gesluit het toe jy nog jonk was. Ek sal ’n ewige verbond met jou sluit.

61. Dan sal jy skaam wees as jy die dinge onthou wat jy gedoen het. Ek maak jou jonger en ouer susters dan jóú dogters, selfs al is hulle nie deel van ons verbond nie.

62. Ek sal weer my verbond met jou sluit, en jy sal erken dat Ek die Here is.

63. Jy sal jou sondes onthou. En dan sal jy stilbly omdat jy skaam kry, dié dag as Ek jou vergewe vir alles wat jy gedoen het, sê die oppermagtige Here.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 16