Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 14:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Party van die leiers van Israel het by my besoek kom aflê. Terwyl hulle by my sit,

2. het die Here vir my gesê:

3. “Mensekind, hierdie leiers het hulle harte op afgode gerig. Hulle het die struikelblok van sonde in hulle lewe toegelaat. Hoekom moet Ek toelaat dat hulle enigiets van My vra?

4. Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: Ek, die Here, sal die mense van Israel straf, hulle wat afgode in hulle harte oprig en die struikelblok van sonde toelaat, en wat dan nogtans die profeet vir raad kom vra.

5. Ek sal dit doen om die volk Israel se harte te herower, hulle wat My verlaat het om hulle afgode te dien.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 14